Friday, 22 February 2013

Waarom moet ek iemand betaal om toesprake te skryf?

Wel, dit is nie altyd nodig nie, dit hang af van jou omstandighede.

Indien jy 'n individu is wat beskik oor baie tyd en die kreatiewe denke om 'n goeie toespraak te skryf.  Sal dit seker nie so nodig wees om gebruik te maak van sulke dienste nie.  Alhoewel ons onsself vind in 'n tyd waar tyd al hoe meer kosbaar raak.  Veral in 'n leefstyl waar jou loopbaan, skool of sosiale verantwoordelikhede 'n groot deel van kosbare tyd opneem.  

Meeste goeie toesprake benodig baie tyd.  Tyd wat afgestaan moet word aan navorsing, fisiese skryfwerk, redigering en uitleg.  En dan laaste maar nie die minste nie, oefening.  Daar is geen skande om iemand te betaal om teosprake te skryf nie.  Selfs vooraanstaende politiese leiers, geestelike leiers en publieke figure maak gebruik van professionele toespraak skrywers.  

Dit is wel uiters belangrik om te onthou dat voorbereiding jou beste materiaal is.  Jy kan die beste inhoud neerpen vir 'n toespraak maar sonder die nodige voorbereiding, sal jou toespraak minder werd wees as die papier waarop dit neergeskryf is.  Deur al die jare se ervaring is daar een ding wat ek geleer het oor publieke toesprake.  Die beste sprekers voel steeds senuweeagtig.  Maar hulle weet hoe om daai emosies te gebruik om 'n gehoor te betower en op te sweep.

Enkele voordele om gebruik te maak van 'n professionele toespraak skrywer is die volgende.
  • Jy kan gerus wees dat die inhoud en samestelling van 'n toepsraak binne in die maatreëls van die organiseerders se reëls en regulasies is.  Bv die ATKV
  • Die tydsame proses van navorsing word al klaar gedoen en word op so 'n wyse in die toespraak ingesluit dat beoordeelaars gelukkig is met die bronnelys ens.
  • Die gebruik van aanhalings is 'n baie delikate situasie.  Kombineer die verkeerde aanhaling by die verkeerde persoon en dis nag!
  • Ingesluit by 'n geskrewe toespraak is wat ek noem, "visual ques".  Handgebare of die gebruik van items om die toespraak diepte en kleur te bied.  
Om saam te vat.  Daar is baie redes waarom jy dalk iemand moet aanstel om toesprake te skryf.  Maar ek sal altyd mense motiveer om self hul skryf tegniek gereeld te slyp.  Om te skryf is seker een van die mees kreatiefste maniere om uiting te gee aan emosies. En ek is vasbeslote dat elke persoon die gawe het om hul gedagtes te kan neerpen.

Tot volgende keer.
"toespraak groete"

Toespraak Hulp


No comments:

Post a Comment